Check out this video

JAM is ’n kinderbediening wat wêreld-verloënend, Woord-gedrewe, gesins-toegewy en Jesus-gerig is. Kleuters en Laerskoolkinders is welkom op Sondae tydens Woordbediening.
JAM staan vir Jesus And Me.
In die JAM-HUIS bied die leiers vir jou kinders ’n gebalanseerde mengsel van pret en speletjies, tesame met die onvervalsde Woord en opwindende take.create a community that is inclusive and welcoming to all.

Selgroepe was lewensbelangrik vir die eerste kerk in Handelinge, en dit is steeds vir ons onontbeerlik.
Skakel gerus in by ’n bestaande selgroep en beleef lewensverandering:
Mannesel: Woensdae 12:00-13:00 by Familiehuis.
Kontak: Joe – 064 512 0021
Goue Arende (vir bejaardes): Woensdae 12:00-13:00.
Kontak: Ohna – 078 013 1829
Grootbrak-sel: Donderdae 18:30-20:00.
Kontak: Louis – 083 633 4336
Mannesel: Vrydae 06:00-07:00.
Kontak: Joe – 064 512 0021
Damessel: Vrydae 10:00-11:00.
Kontak: Andiah – 082 868 2933

JOY-HOUSE is daar vir babas en mammas.
Maak gerus gebruik van ons JOY-fasiliteite gedurende dienste as jy ’n baba of kleuter het.

LIGHUIS is ’n jeuggroep vir hoërskoolkinders.
Kom leef die lig saam met ons op Vrydagaande van 18:00-20:00 by Familiehuis.

Bevind jy jouzelf in 'n rouseisoen - 'n tyd van pyr en stilte na die verlies van 'n geliefde, egskeiding of verlore drome?
Herlaai is 'n veilige ruimte waar ons tree vir tree saam vorentoe beweeg. Hier ondersteun ons mekaar op daardie pad - met begrip, sagtheid en hoop.

Alle laerskool kinders is baie welkom by ONWARD, waar ons Woordwaarhede vasle op kreatiewe maniere elke Sondag

Die Aanbiddingspan lei ons kerkfamilie in lofprysing en aanbidding deur musiek en sang, en help ons om ons harte op God te rig.

Die Diensspanne sorg vir koffie, ’n gesellige kuiertyd, baniere en netjiese badkamers. Hulle verwelkom mense by die deure en help hulle om sitplek te kry, sodat ons kerkfamilie welkom en tuis voel.

Die Terrein- en Veiligheidspan help om ons kerkterrein netjies, goed versorg en veilig te hou, sodat elkeen welkom voel en met gemoedsrus kan saamkom.

Die Uitreikspan dra God se liefde uit deur mense in ons gemeenskap te ondersteun, prakties te help en die hoop van Jesus met hulle te deel.

Die Instandhoudingspan sorg vir herstelwerk en onderhoud aan ons kerkgebou en toerusting, sodat alles goed werk en ons kerkfamilie gemaklik kan saamkom.

Die Tegniese Span sorg vir klank, beligting, die inverter en skerms, sodat ons dienste vlot verloop en almal duidelik kan hoor en sien.

Die Growing Kindness-span help kinders by die kinderhuis om groentetuine aan te lê en te versorg, praktiese vaardighede te ontwikkel en die vreugde van groei en omgee te ontdek.
JAM staan vir Jesus And Me.
In die JAM-HUIS bied die leiers vir jou kinders ’n gebalanseerde mengsel van pret en speletjies, tesame met die onvervalsde Woord en opwindende take.create a community that is inclusive and welcoming to all.

Die Saambouspan beplan en organiseer fondsinsamelingsprojekte om Familiehuis se bediening en groei te ondersteun, en bring ons kerkfamilie saam om aan ’n gedeelde doel te bou.

Die Saamweefspan bied hekelopleiding aan om vaardighede in ons gemeenskap te ontwikkel, kreatiwiteit aan te moedig en mense saam te bring.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.